Nuwe Eugène Marais boek

Die leser beleef die onvergeetlike ervaring om saam op die spore van Eugène Marais deur sy geliefde Pretoria en die Waterberge te loop en verkry so ’n nuwe insig in die werk en doen en late van hierdie begaafde Suid-Afrikaner as:

Digter van Winternag, die 84 belangrikste woorde ooit in Afrikaans geskryf.

Voorloper tydens die Tweede Afrikaanse Taalbeweging.

Ontdekker van ’n nuwe broodboomspesie.

Grondlegger van verskillende van die dieregedragswetenskappe.

Aangewys as een van Afrika se beste letterkundiges van die 20ste eeu.

Advokaat, vrederegter, vredemaker.

Digter, skrywer, natuurkenner.

’n Magdom nuwe feite en inligting, sowel as Marais se geslagsregister, verskyn hiermee vir die eerste keer in druk. Fassinerend, inspirerend, met verskeie aanhalings uit ou briewe en dokumente wat die leser sal boei.

Verkrygbaar teen R130 plus posgeld van die skrywer by tel
082 300 5974 of per e-pos by info@adverta.co.za
Foto's kloksgewys:

Encephelartos Eugene-maraisii, die broodboom wat deur Eugène Marais in die Waterberge ontdek is.

Die vloerplan van die huis op Rietfontein waar Marais gebly het.

’n Skets van Ou Hendrik wat die Dwaalstories aan Marais vertel het, deur Erich Mayer gedoen.

Marais se eerste boek in 1903  - 'n Ptraktiese handleiding oor aktebesorging vir prokureurs in die Transvaal.

Important links:

        Voelkitsgidse / Bird Spotter's guides

        Kammaland Estate

        Kammaland Landgoed      

        Bushveld properties

        Terug na tuisblad van portaal